IN ’N BLIK
BESTE VOETJIE VOOR. Kommunale boere van reg oor die Oos-Kaap het einde Julie met die beste uit hul kuddes bymekaargekom vir ’n interstreek-kuddekompetisie wat deur die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) op Tarkastad aangebied is. Al vyf die kommunale streke het deelgeneem in vier kategorieë, naamlik lammers, tweetand-ooie, vier-tot-sestand-ooie en ramme. Die ooie is deur die boere self geteel, met die ramme wat aangekoop word. Die beoordelaars was veral beïndruk met die goeie gehalte van die ooie se wol. Daar heers egter kommer oor die gehalte van die ramme en die uiteindelike invloed in die kommunale kuddes. Die ooie is almal die nageslag van ramme van die NWKV se genetiese verbeteringsprojek, maar die finansiering van die projek is sedert 2019 deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling opgeskort. Dit beteken…