IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ DIE meeste mense in die Amerikaanse landbousektor beskou Afrika as een reuse-nasie en een reuse-mark. Tog het Afrika meer lande (54), meer tale (meer as 2 000) en meer kulture (3 000 plus) as enige ander vasteland. Dit is ook ’n krimpende mark vir Amerikaanse landbou-uitvoer. Dit laat ’n mens wonder hoekom Amerika steeds dink hy weet wat die beste vir die landbou in Afrika is. ’n Week voor die onlangse Africa Green Revolution Forum in Kigali, Uganda, wat deur die hulporganisasie Agra geborg is, het dr. Timothy Wise, ’n senior navorsingsgenoot by Tufts-universiteit se globale ontwikkelings- en omgewingsinstituut, in ’n artikel in die Keniaanse dagblad Nation daarop gewys dat Agra die afgelope 17 jaar $1 miljard (R18 miljard) bestee het in ’n poging om opbrengste en…