IN ’N BLIK
HIER KOM DIE BIER. Herfs is hop-oesseisoen in die Suid-Kaap. Op die plaas Heidekruin noord van die Outeniqua-pas in Waboomskraal kap ’n werker hopranke met ’n kapmes af. Hop moet redelik vinnig verwerk word om te keer dat dit verrot. Dit word dus dadelik na die verwerkingsaanleg op die plaas vervoer. Heidekruin is een van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) se drie korporatiewe plase. Hy het ook sewe private plase wat ingekontrakteer is om hop aan hom te verskaf. SAB het net meer as 400 hektaar hop-aanplantings wat jaarliks gemiddeld 710 ton tot 910 ton lewer, na gelang van groeitoestande. Die hopbedryf neem sowat 1 500 mense in diens en dra ongeveer R90 miljoen tot die plaaslike ekonomie by.…