IN ’N BLIK
PASOP VIR NAT PAAIE. Groot plasse water einde Junie in die distrik Graaff-Reinet het dié trop Boerbokke se vordering op ’n grondpad effens belemmer ná ’n goeie bui reën. Luidens die Landbounavorsingsraad (LNR) se jongste Umlindi-nuusbrief het dele van die distrik in Mei van 200% tot 500% van die langtermyngemiddelde reënval ontvang, terwyl groot dele van die oostelike helfte van Suid-Afrika bogemiddelde reënval oor die tydperk ontvang het. In die weste van die land was reënval egter steeds ondergemiddeld. Die LNR se data toon die droogte se effek is nog nie verby nie. Die veldkondisie-indeks van 1 tot 17 Mei dui op swak veldtoestande in die distrik Sarah Baartman, veral suid van Graaff-Reinet. Elders in die Oos-Kaap is veldtoestande beter.…