IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ EINTLIK het die landbou dit tot nou toe makliker gehad as baie ander nywerhede en bedrywe in die Suid-Afrikaanse ekonomie, en het die ANC se kaping van die morele (regstellende) en ekonomiese regverdigings vir swart bemagtiging in werklikheid nog net indirekte implikasies vir die landbou ingehou, het die politieke ontleder dr. Piet Croucamp onlangs op ’n Agri SA-beraad gesê. In die mynwese, vervaardiging en vervoer het kaderontplooiing, tenderpreneurskap en patronaatskap, en bemagtiging dikwels vernietigende gevolge omdat entrepreneurskap onbekostigbaar word. In reaksie op ’n oorsig oor die straffelose inmenging van misdaadsindikate in noodsaaklike bedrywe, met stilswyende goedkeuring van politici, vra mnr. Jaco Minnaar, president van Agri SA: “Wat kan die landbou doen om die probleem aan te pak? Hoe kan ons ’n verskil maak?” Daarop antwoord Croucamp: “Wen…