IN ’N BLIK
NOG NIE LAMGELÊ. Dit is lamtyd op die plaas Kruidfontein naby Murraysburg wat bestuur word deur me. Juanita Bellingan, ’n Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-finalis in 2018. Daar word hoofsaaklik kapaters aangehou in die Angora-vertakking in dié boerdery, en Bellingan bestuur ook ’n bees-, skaap- en jagvertakking. Omdat daar betreklik min ooie is, het sy hulle normaalweg ekstensief laat lam, maar sy het besluit om die ooie vanjaar naby die huis te laat lam om haar lammeroes só te verhoog “om die kudde ’n bietjie te laat groei”. Elkeen gaan ’n unieke oorplaatjie en bynaam daarop kry. Die gebied het tot verlede jaar kwaai onder droogtestoestande deurgeloop, maar vanjaar is volgens Bellingan ’n baie goeie jaar. “Die droogte het my baie geleer, soos hoe om veranderinge aan jou bestuurstyl aan…