DIE ANDER SÊ
IN ’N BLIK IN die eerste 10 jaar van die regering se program vir onafhanklike produsente van hernubare krag (Reippp), 2011 tot 2021, het dié program slegs sowat 6 300 MW tot die Eskom-netwerk gevoeg. Sedert 2018 is nog nie ’n enkele megawatt nuwe energie tot die Eskom-netwerk gevoeg nie. Die private sektor het egter oor die afgelope vyf jaar hernubare infrastruktuur ter waarde van amper R30 miljard ingevoer, met die vermoë om 4 550 MW op te wek – gelykstaande aan amper twee-en-’n-half Koeberg-kragsentrales, of 9,5% van Eskom se algehele opwekkingskapasiteit. Data van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toon dat daar in 2022 R10,7 miljard se omsetters, R12,4 miljard se litium-ioonbatterye en R5,4 miljard se sonpanele ingevoer is. Invoer van omsetters het meer as verdubbel teenoor 2021, dié van batterye was…