IN ’N BLIK
VOOR DIE WIND. Die Roggeveld-windplaas naby Laingsburg, Matjiesfontein en Sutherland op die grens van die Wes- en Noord-Kaap is onlangs amptelik geopen. Dit behoort aan die onafhanklike globale kragverskaffer Red Rocket en het ’n geïnstalleerde kapasiteit van 147 MW van die 47 turbines. Dit sal jaarliks sowat 613 GWH opwek. Volgens mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sal die windplaas krag aan 49 200 huishoudings kan verskaf en koolstofvrystellings met 502 900 ton verminder. Indien landelike munisipaliteite se bestuur in orde is, die leierskap is stabiel en daar is bewys dat by ’n begroting gehou kan word, sal hulle volgens Bredell sulke beleggings kan lok. Sy departement, saam met die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, help munisipaliteite met strategiese beplanning wat elektrisiteit betref.…