IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ DIE debat rakende Eskom is nou polities en rasgewys só gepolariseer dat ’n eerlike gesprek oor wat fout is en hoe om dit reg te maak onmoontlik is, en daar is geen samehangende plan nie, meen mnr. Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, voormalige bestuurder van ’n aantal Eskom-kragsentrales en ’n sleutellid van die nasionale energiekrisiskomitee. Hy is hoogs krities oor Eskom se narratief dat sy steenkoolkragsentrales weens ouderdom nie na wens kan presteer nie. Dit is ook uiters demotiverend vir kragsentralebestuurders. Daarby is dit onverklaarbaar hoekom Eskom se splinternuwe kragsentrales in so ’n gemors is, selfs wanneer korrupsie bygereken word. Hulle behoort teen 90% van hul kapasiteit te funksioneer, maar Kusile sukkel om 50% te haal. Om duistere redes het Kusile geen steenkoolleweringskontrak nie, en…