IN ’N BLIK
BLINK VOORUITSIGTE. Die laaste dag van Januarie was die eerste dag van pars aan die 2022-wynoes op die Groote Post-wynlandgoed by Darling aan die Weskus, en dié Pinot noir-druiwe was eerste aan die beurt. Dit is sowat twee weke later as normaal weens ’n koeler as nor-male Desember, wat wingerde later laat bot het. Die goeie winterreën en laat somerreën oor die distrik was baie gunstig vir die oes, sê mnr. Jannie de Clerk, wingerdboukundige. Volgens mnr. Lukas Wentzel, wynmaker, beteken die langer, stadiger rypwordingsproses beter aroma en geurontwikkeling by die druiwe. “Ons verwag groter kompleksiteit en elegansie, ryper tanniene en ’n gunstige suur-suikerbalans. Ek is veral opgewonde oor vanjaar se Sauvignon blanc met die toestande wat tot op hede perfek was vir gesonde, topgehalte-druiwe.”…