IN ’N BLIK
STAATMAKER-VLEISBEESTE. Mnr. Willem Scholtz is ’n vierdegenerasie-Hereford-boer. Sy oupa mnr. Eddie Scholtz het in die 1980’s met Herefords geboer, en sedertdien het die Zuikerkopboerdery uitgebrei na ’n stoetery by Clocolan, Vrystaat (hierbo), en ’n kommersiële boerdery by Kimberley in die Noord-Kaap. Vir Scholtz is dié vleisbeesras se beste eienskap hul goeie temperament. “Dit maak alles maklik, van die merk van die kalfies met geboorte vir ons rekords tot die behandeling van ’n siek bees ver in die veld.” Nie hy of sy werkers se lewe is ooit in gevaar omdat ’n bul dalk met die verkeerde voet uit die bed geklim het nie. Lees meer oor Scholtz se boerdery in die volgende uitgawe van Landbouweekblad, en lees op bl. 22 meer oor groot geleenthede wat op rooivleisboere wag, mits die…