IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ HOE spog Tongaat Hulett se finansiers oor oplossings vir werkloosheid terwyl hulle iets doen wat presies die teenoorgestelde waarborg, naamlik om verdere finansiering te weier? Nie net een bank is betrokke nie. Standard Bank, die grootste finansier, se uitvoerende hoof van korporatiewe en beleggingsbanksake, mnr. Kenny Fihla, sê dit kom neer op roekelose kredietpraktyke as ’n bank geld leen aan maatskappye waar dit lyk of hulle nie verdere lenings kan terugbetaal nie. Al het Tongaat sy skuld van R11,7 miljard tot R6,3 miljard verminder, wys Fihla daarop dat “as jy bates verkoop om skuld te verminder, terwyl jou dag-tot-dag-kontantgenerering nie verbeter het nie, raak dinge nie werklik beter nie”. Dit lyk of die banke nie oortuig is van die plaaslike suikerbedryf se lewensvatbaarheid nie. Maar in daardie geval, hoekom jou…