IN ’N BLIK
BESTE VRIENDE Tiekie, die petite 2,5 kg Yorkshire-Jack Russellkruisbrakkie, word behoorlik verdwerg deur Jerusalem, ’n Chianina-bul wat ongeveer 1,4 ton weeg, op Thabazimbi se landbouskou wat onlangs op dié dorp gehou is. Die bul behoort aan mnr. Christiaan de Jager van die O-La-La Chianina-stoetery op Badplaas. Tiekie se eienaar is mnr. Dave Henderson, ook van Badplaas. Die hanteerder is mnr. Bernard Marange. Henderson staan tans in vir De Jager by die boerdery. Tiekie en Jerusalem is mekaar al só gewoond dat hulle hul nie aan mekaar steur nie. Die bul is ’n oeroue Italiaanse beesras. Hy is as die senior en grootkampioenbul op die skou bekroon.…