DIE ANDER SÊ
IN ’N BLIK DIE Wêreldbank wil sy kapasiteit vir finansiering om klimaatsverandering en ander wêreldwye krisisse aan te pak, drasties uitbrei. ’n “Evolusie-padkaart” wat Reuters te sien gekry het en wat aan aandeelhoudende regerings gestuur is, dui op die aanvang van ’n onderhandelingsproses om die bank se doelwit en finansiële hulpbronne te wysig en dit weg te skuif van die land- en projekspesifieke uitleenmodel wat sedert die bank se stigting aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Die bank se bestuur wil spesifieke voorstelle om sy missie, bedryfsmodel en finansiële kapasiteit te verander, gereed hê vir goedkeuring op die vergadering van die bank en die ontwikkelingskomitee van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in Oktober. Pleidooie neem toe vir die hervorming van ontwikkelingsbanke weens die groeiende druk wat ontwikkelende…