DIE ANDER SÊ
IN ’N BLIK MNR. ALWIE LESTER, ’n voormalige Eskom-bestuurder wat nou mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, se energie-adviseur is, sê dié provinsie kan binne tien jaar ’n surplus elektrisiteit opwek. Die vier turbines van die Steenbrasdam se hidro-elektriese aanleg kan reeds tot 180 MW aan die Stad Kaapstad lewer. Lester is aanvanklik deur mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, genader om vas te stel hoekom Eskom nie beurtkragskedules kan verstel om vir boere se oesbedrywighede voorsiening te maak nie, soos wat vroeër gebeur het toe Lester nog Eskom se streekbestuurder was. “Dit het duidelik geword dat Eskom nou meer die nasionale benadering tot beurtkrag volg en nie meer so gretig is om die landbou te help nie,” sê Lester, wat einde 2021 by Eskom bedank…