IN ’N BLIK
SOETE BERG. Die Suid-Afrikaanse suikerterminaal by die Maydonkaai in die Durbanhawe het ’n opbergingskapasiteit van 520 000 ton oor drie silo’s wat nagenoeg 5 ha beslaan. Die terminaal is in 1965 gebou om grootmaatsuiker (onverwerk én verwerk) wat vir die uitvoermark bestem is, te ontvang. Die plaaslike suikerbedryf probeer om die meeste van sy suikeruitvoer te beperk tot die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) en uitvoermarkte soos Amerika, die Europese Unie en Brittanje, wat ondanks beperkte kwotas premiepryse betaal. Enige Suid-Afrikaanse suiker wat meer is as wat dié markte kan opneem, moet teen ’n verlies op die oop wêreldmark verkoop word, waar daar reeds ’n ooraanbod van suiker is. Dit is hoekom die suikermeesterplan onder meer ten doel het om nuwe inkomstebronne, soos bio-etanol, te skep vir suiker wat nie deur dié…