IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ WANNEER ’n mens alternatiewe elektrisiteitsverskaffing wil installeer, is daar twee aspekte om te oorweeg: gerief en belegging, skryf mnr. Kenny Meiring. Elke mens se verdraagsaamheidsvlak ten opsigte van kragonderbrekings verskil. Met die volgende basiese model kan ’n mens beoordeel of die installering van alternatiewe energiebronne finansiële sin maak. Jy moet vasstel hoe lank dit die toekomstige besparing op jou kragrekening sal kos om die kapitaalkoste van die installering terug te betaal. ’n Tydperk van vyf jaar is ’n redelike tydsraamwerk vir dié berekening. Jy moet eerstens die koste van installasie vasstel, asook enige onderhoudkoste in die volgende vyf jaar. Dit sal insluit die vervanging van sonpanele of batterye. ’n Mens moet ook finansieringkoste insluit indien jy ’n lening hiervoor gaan aangaan of jou huislening gaan gebruik. Indien jy die geld…