IN ’N BLIK
KEELVOL. Dié trekkerblokkade in die dorpie Stroe by Barneveld in Nederland was een van talle plekke in dié land waar boere met trekkers en selfs hul diere opgeruk het die afgelope paar weke om hul ontevredenheid te kenne te gee oor planne van die regering om stikstofvrystellings drasties te besnoei, wat talle boere waarskynlik uit die landbou sal dwing. Boere het onder meer hooibale langs snelweë aan die brand gesteek, supermark-verspreidingsentrums geblokkeer en voor talle provinsiale wetgewers betoog. DutchNews het berig leiers van die opstande het van die betogers veroordeel wat deur ’n barrikade rondom me. Christianne van der Wal, die minister van omgewingsake wat die stappe moet toepas, probeer breek het met hulle trekkers.…