IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ DIE Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se jaarlikse oorsig oor neigings in internasionale handel toon toenemende handelsversperrings binne ’n konteks van ekonomiese onsekerheid, wat vererger word deur die covid-19-pandemie, die oorlog in Oekraïne en die voedselsekerheidskrisis. Volgens die jongste WHO-handelsmoniteringsverslag, wat op 6 Desember bekend gemaak is, stel WHO-lede toenemend versperrings in, veral op voedsel, voer en kunsmis. Die aantal invoerbeperkings neem ook toe. Dr. Ngozi Okonjo-Iweala, direkteur-generaal van die WHO, het ’n beroep op lidlande gedoen om hulle daarvan te weerhou om nuwe handelsbeperkende maatreëls, veral uitvoerversperrings, in te stel wat tot ’n verdere verswakking van die wêreldwye ekonomiese vooruitsigte kan bydra. Hy het hulle aangemoedig om saam te werk om eerder markte oop en voorspelbaar te hou sodat goedere vrylik kan beweeg na waar dit nodig is. “Uit…