IN ’N BLIK
DIE OGGENDSTOND HET GOUD IN DIE MOND. “Daar is niks mooier as ’n skaaptrop wat vroegdag op pad is kraal toe nie,” sê Charles Smith, nuusredakteur van Volksblad, wat dié foto geneem het. Die Afrino-ooie, hier saam met hul lammers, is geskeer die week voordat die foto op die plaas Zeekoegat naby Rouxville in die Vrystaat geneem is. Zeekoegat is ’n familieboerdery. “Ons boer met Afrino-skape en Tuli-beeste. Die bek-en-klouseerkrisis kon klein veeboerderye nie op ’n slegter tyd getref het nie. Op die oomblik kan boere nie speenkwalwers bemark nie en dit is nog onseker hoe die wolmark gaan herstel. Dit is ook aan die begin van die brandseisoen. Die gras is lank ná een van die beste reënseisoene in dekades, maar die wind word ál sterker die afgelope paar…