NUUS
DIE ANDER SÊ DIE skaal van die probleem wat die nuwe minister van elektrisiteit moet oplos, is amper onbegryplik groot, en daarmee saam die politieke probleme. Wie ook al president Ramaphosa aanwys, sal polities minder gewig dra as die twee veterane mnr. Pravin Gordhan (minister van openbare ondernemings) en mnr. Gwede Mantashe (minister van minerale hulpbronne en energie). Verder is die ganse krisis waarvoor Suid-Afrika staan, verweef met die elektrisiteitskrisis. Elektrisiteitstekorte en die gevolglike beurtkrag is die resultaat van korrupsie, onbekwaamheid, die ANC se onvermoë om plaaslike regerings te bestuur, kaderontplooiing, staatskaping en feitlik alle ander ongunstige politieke dinamika van die afgelope 20 jaar. Om dit om te keer is ’n enorme taak en sal baie jare duur. Maar vir die ANC moet dit alles opgelos word voor volgende jaar se verkiesing. Dis feitlik…