IN ’N BLIK
HULP VIR MEENTBOERE. Daar is vanjaar 63 beeste, waarvan 36 kalwers was, te koop aangebied op die vierde jaarlikse veiling van meentgrond-beeste op Smithfield. Die veiling is aangebied deur die plaaslike grondbewaringskomitee met die samewerking van OVK, die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en kommersiële boere. Mnr. Gerrie van der Walt, landbouvoorligter op Smithfield, sê die veiling is gehou sodat boere nie hul beeste elders heen hoef te vervoer of aanjaag nie. Die tydelike veilingskrale is opgerig met toerusting van die organiseerders, en daar was vyf kopers. Die veiling word gehou sodat boere botallige diere kan verkoop om druk op die beperkte beskikbare weiding van die meentgrond te verlig. Lees meer oor dié inisiatief by bit.ly/3MxWAQo.…