IN ’N BLIK
VETERAAN-SKRAPER. Mnr. Edward de Villiers, wat in 1937 gebore is, was een van ’n groep boere oos van Ermelo, rigting Amsterdam, wat onlangs besluit het om hul paaie self op te knap. Die reënseisoen het sy tol geëis en hoewel die plaaslike kantoor van die departement van openbare werke bereid was om teer te verskaf, het hy nie die toerusting of mannekrag gehad om die teerpad te herstel nie. Daar is vyf skoolbusse van die Umzimvelo-landbouskool wat hierdie paaie daagliks gebruik, vertel die hoof, mnr. Billy Lloyd. Daarom het oud en jonk ingespring. Boere het die grondpaaie onder mekaar verdeel en self geskraap, terwyl ander saamgespan het om die slaggate in die teerpad na die dorp te herstel met hul eie materiaal en materiaal wat die departement bygedra het. De…