IN ’N BLIK
GROENER WEIVELDE. Beeste wei in lowergroen veld op dr. Wim en me. Corrie van Wyk se plaas Woudzicht Deel 3 naby Roadside in die distrik Vrede in die Vrystaat. Dit is een van die natste seisoene wat hulle nóg beleef het. Die Van Wyks boer met Bonsmara-beeste en die lande word uitgehuur vir mielie- en sojaboonverbouing. Hulle plant ook tef en oulandsgras aan wat nou vir wintervoer gebaal word. Verder het hulle olyf-, kersie-, pekanneut-, perske-, appelkoos-, appel-, vye- en kweperbome op die plaas en plant tamaties, kool, blomkool, spinasie, beet, uie en kruie vir eie gebruik in hul groentetuin. Daar is ook twee byekorwe en hulle hoop om voor die einde van die jaar die eerste Woudzicht-heuning te bottel.…