IN ’N BLIK
REGUIT LAND TOE. Die 8R-trekker van John Deere was een van die trekpleisters op die Commodity Classic-landbouskou wat van 8 tot 10 Maart in New Orleans, Amerika, gehou is. Dit is die wêreld se eerste trekker met ’n ten volle elektroniese ratkas (EVT). Die ratkas se elektroniese skakeling met die eindaandrywing beteken dat daar geen wringkrag verlore gaan tussen die enjin, die ratkas en die wiele nie, soos die geval is by trekkers met normale ratkaste. Al die trekker se wringkrag is dus onmiddellik beskikbaar vir die werk wat gedoen moet word. Die trekker word aangedryf deur ’n negeliter- John Deere Power Tech-enjin wat 302 kW opwek en wringkrag van 1 851 Nm lewer.…