IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ SUID-AFRIKA se disfunksionele spesiale ekonomiese sones (SEZ) is ’n vermorsing van openbare hulpbronne, sê prof. William Gumede, ’n medeprofessor aan die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir regeerkunde. Die Musina-Makhado- SEZ wat mnr. Rob Davies, voormalige minister van handel en nywerheid, in 2017 in Limpopo afgekondig het, moet nog aan die gang kom. Werk daaraan is in 2021 opgehef ná die departement van omgewingsontwikkeling en toerisme van Limpopo gesê het die omgewingsimpakstudie was onvoldoende. Daar is ook gemeen die projek het nie wyd genoeg met plaaslike gemeenskappe, tradisionele owerhede en boere gekonsulteer nie. Die besigheidsaak vir dié SEZ is nie duidelik nie, en boonop is die uitvoerende hoof van die maatskappy wat die sone moet bedryf, mnr. Yat Noi Ning, op ’n Interpol-waaklys en word deur…