IN ’N BLIK
BEKYK DIE GRONDPROFIEL BEHOORLIK. Daar is deesdae heelwat tegnologie om metings in die grond te doen, maar geen boer kan die hele prentjie sien sonder om ’n paar keer deur die seisoen ’n profielgat in die werksry te grawe nie, sê dr. Pieter Raath (in die profielgat) van Labserve. Raath het op Landbouweekblad en Charl Baard Landbouprodukte se boeredag by Kakamas gesê ’n profielgat gee ’n aanduiding van grondvoorbereiding en waar ’n boom of stok se wortels is. Dit help met doeltreffende besproeiing. ’n Profielgat moet groot en diep genoeg wees en taamlik naby aan die boom of stok wees om ’n ordentlike prentjie van die profiel te kry.…