DIE ANDER SÊ
NUUSIN ’N BLIK DIE tesourie se weiering om vir Eskom meer geld vir diesel te gee om sy oopsiklus-gasturbines mee aan te dryf, is verbysterend, want die berekening oor of die regering die ekstra geld daarvoor moet vind, is doodeenvoudig. Ekonome raam die ekonomiese verliese van fase 6-beurtkrag tydens besigheidsure op R500 miljoen per uur. Laer skattings raam R50 miljoen per fase per uur. Om beurtkrag dus met twee fases te verminder, sal die skade aan die ekonomie met sowat R200 miljoen per uur verminder. Suid-Afrika het net twee werkdae van konstante beurtkrag nodig om die koste te regverdig. Die omskakeling van Eskom se oopsiklus-dieselturbines wat noodelektrisiteit opwek om deur diesel én aardgas aangedryf te kan word, moes lankal gedoen gewees het. Nie net is gas doeltreffender nie, die koolstof-impak…