DIE ANDER SÊ
SOWAT 1,5 miljoen liter afvalwater het op Oukersdag uit ’n stukkende slykdam by die Zululand Anthracite Colliery naby Ulundi gelek en in die Swart-Umfoloziriver ingeloop, wat deur bestaansboerderygebiede en die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat loop. Inwoners sê sommige gemeenskappe wat geraak is, is nie oor die potensiële gevare gewaarsku tot twee weke ná die ongeluk nie. Bewaringsbestuurders in die park is ook onder die indruk gebring dat die storting onder beheer was, net om ’n paar dae later ’n pikswart pluim water deur die park te sien loop. Steenkoolmynbedrywighede produseer volgens kenners suur waterbesoedeling wat ook giftige swaarmetale, soos arseen, koper, lood en magnesium, kan bevat. Sommige inwoners vrees die besoedeling het riviere, panne of grondwater wat deur afgeleë landelike gemeenskappe naby die myn gebruik word, besmet. Mnr. Msizi Myaka, ’n inwoner van die dorpie Okhukho,…