IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ MNR. GARETH ACKERMAN, medevoorsitter van die raad op verbruikersgoedere, het die regering versoek om die private sektor toe te laat om sleutelinfrastruktuur, soos paaie, spoorweë en hawens, te bedryf om Suid-Afrika se voorsieningskettings te beveilig en te verseker dat dit optimaal funksioneer. Hy het ook voorgestel dat die Mooirivier-tolplaza verskuif word om voorsieningskettings te beveilig, veral teen die risiko van maatskaplike onrus. Volgens hom word die plaza ’n konflikpunt wanneer daar protesaksies is omdat ’n groot informele nedersetting rondom die plaza ontwikkel het. Wanneer daar onrus is, word die N3 gevolglik gesluit en goedere kan nie beweeg nie omdat vragmotors by die tolhek moet stilhou. Die raad het reeds met die regering gesprek gevoer om die plaza te verskuif om sulke sluitings te voorkom. Al het die…