IN ’N BLIK
GROEN GESKENK. Die Kalahari, wat die afgelope nege jaar uitgedor was, se groen kleed ná die milde reënseisoen het boere om die Witsandnatuurreservaat tussen Olifantshoek, Griekwastad en Groblershoop in die Noord-Kaap dankbaar gelaat. Volgens me. Machel van Niekerk, wat al 34 jaar saam met haar man, Deon, op die plaas Morgenswacht met beeste, skape, bokke, Arabierperd-kruisings en Miniatuurperde boer, sê hulle is verheug oor die 400 mm reën, teenoor die gemiddelde reënval van 250 mm. Sy sê die eenjarige grasse gedy, maar diere kon ook aan meerjarige grasse vreet. Dit sal sowat drie tot vier jaar duur vir die plantegroei om ná die droogte heeltemal te herstel.…