IN ’N BLIK
VELDBRAND BEDREIG MERINO’S. Mnr. Eddie Prinsloo, boer van Smithfield (heel links), beduie na die ergste vlamme in ’n veldbrand vroeër vandeesmaand op sy plaas. ’n Kortsluiting in ’n kragkabel het vermoedelik weens die aanhoudende beurtkrag-ontwrigting gras aan die brand laat slaan. Die brand het vinnig na ’n kamp met ramme, ’n skuur en ’n populierbos versprei, maar dit kon gelukkig gou met die hulp van Prinsloo se plaaswerkers en bure geblus word. Brandbestrydingstoerusting is altyd gereed op die plaas. Prinsloo en sy seun, Eduard, besit die bekende Heuningkrans Merino-stoetery. Die ramme in die kamp is deel van die Merino’s wat op 10 Augustus op die stoetery se 44ste produksieveiling op die plaas aangebied word. Die stoetery bestaan al sedert 1927. Sien bit.ly/3yPZ2wQ vir wenke teen veldbrande.…