IN ’N BLIK
VAN WINGERD NA WATER. Die Vintners Classic, ’n branderrykompetisie vir wynmakers en ander in die wynbedryf, was vanjaar met mening terug in die branders op Stilbaai nadat dit in 2020 weens die covid-19-pandemie in die slag gebly het en daar verlede jaar slegs 20 deelnemers was. Vanjaar het 50 mense deelgeneem, en die wynmaker mnr. Miles Mossop (op die foto) het skoonskip gemaak in die ballies-kategorie vir 50-plussers. Mnr. JT van der Westhuizen, wingerdboukundige van Klein Roosboom, was die wenner van die senior afdeling (40 tot 49) en me. Sarah Havard van Kershaw Wines het in die vroue-afdeling gedomineer. In die junior kategorie (onder 40), het mnr. Jonothan Oxenham van Catherine Marshall Wines geseëvier. Die kompetisie is die eerste keer in 2000 op Onrus aangebied, met slegs 12 deelnemers. Vir…