IN ’N BLIK
MAJESTUEUS. Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het op 18 Junie die hoogste prys van R1,65 miljoen op die nasionale Ankole-veiling op Bela-Bela behaal. Die verkoper was mnr. Daniel Naudé van Yonder Hill Wine Farm, Stellenbosch. Die aanlyn koper se naam is nie bekend gemaak nie. Die veiling is op die wildplaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa aangebied, maar hy het nie die veiling fisiek bygewoon nie. Ander hoë pryse op die veiling sluit in SA rekordpryse van R950 000 vir ’n Ankole-vers en R340 000 vir ’n dragtige vers, wat albei aan dr. Morné de la Rey van Brits behoort. Die totale omset van die veiling was R20,5 miljoen, en Veilingswinkel het dit aangebied.…