IN ’N BLIK
BESTE BONDGENOOT. Op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie by Ottosdal op 16 Maart het belangstellendes die geleentheid gehad om op die plaas van mnr. Magnus Theunissen van naderby te beskou hoe sy beeste smul aan die dekgewasse in ’n geëlektrifiseerde kamp. Die omheinings word ná ’n sekere tydperk geskuif om die beeste toegang tot die volgende blok dekgewasse te gee. Sowat 250 mense het dié dag bygewoon, en kon luister na onder andere die gerekende Amerikaanse herlewingsboer mnr. Rick Clark en mnr. Cobus van Coller, herlewingsboer van Viljoenskroon, wat reeds in 2005 sy boerderypraktyke begin aanpas het om minder grondbewerking te doen. By Reitz op 13 Maart het amper 400 mense die herlewingslandboukonferensie daar bygewoon. DIE ANDER SÊ EERDER as om iets te doen aan die endemiese rompslomp van die staatsdiens, of…