IN ’N BLIK
VLEILAND-REDDING. ’n Span van die Gamtoosbesproeiingsraad in die Oos-Kaap is besig om ’n skanskorf van 120 m3 in die Krommerivier op te rig onder leiding van mnr. Edwill Moore, gebiedsbestuurder van die raad, om verdere erosie van vleilande te bekamp. Dit is deel van die raad se pogings om namens die departement van bosbou, visserye en omgewingsake die waterhouvermoë van belangrike damme rondom die Nelson Mandelabaai-gebied te verbeter deur die vleilande na hul natuurlike toestand te herstel. Vleilande dien as ’n spons vir water. Van die opvangsgebiede waarin daar die afgelope boekjaar sulke werk gedoen is, sluit in dié van die Churchill- en Mpofodam, en die Kouga-opvangsbied wat in die Kougadam invloei.…