DIE ANDER SÊ
IN ’N BLIK DIE wetsontwerp vir ’n waterinfrastruktuuragentskap stel ’n entiteit in staatsbesit en -beheer in die vooruitsig om dié tipe infrastruktuur te administreer, te finansier, te verskaf, te bedryf en te onderhou. Hoewel dit belangrik is om nuwe grootmaat-waterinfrastruktuur te bou en bestaande infrastruktuur te onderhou, ontstaan die vraag of só ’n entiteit hierdie reusetaak spoedig en doeltreffend kan verrig sonder steun uit die private sektor. Daar is potensiële voordele daaraan verbonde om só ’n agentskap te stig. Die Trans-Caledon-tonnelowerheid (TCTA) het hom goed van sy taak gekwyt en gaan by die nuwe entiteit ingeskakel word, en daar word gehoop dat verkrygings- en aanstellingsprosesse van dié owerheid breër toegepas kan word. Daar is egter kommer oor die finansiële implikasies van die TCTA se sluiting en die vestiging van die…