DIE ANDER SÊ
IN ’N BLIK DIE Suid-Afrikaanse windkragvereniging (Sawea) wil hê internasionale kundiges moet help om die 23 windkragprojekte te red wat weens ’n gebrek aan netwerkkapasiteit in die hek geduik het in die regering se jongste verkrygingsronde vir onafhanklike hernubare krag. Bieërs in dié projekte het nagenoeg R100 miljoen daarin belê, maar daar is nie meer plek op die netwerk in die provinsies waar hulle geleë sou wees nie – die Noord-, Oos- en Wes-Kaap. Mnr. Niveshen Govender, uitvoerende hoof van Sawea, vra dat die regering ’n konsultant aanstel met ervaring van die bestuur van beperkte netwerke om Eskom te adviseer oor hoe dié projekte by die netwerk geïntegreer kan word. Volgens hom het Skandinawiese lande, Australië en Kalifornië soortgelyke probleme, en Suid-Afrika kan by hulle leer. Govender sê die bedryf…