IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ IN die nadraai van mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se opspraakwekkende bewerings van korrupsie in ’n onderhoud met eNCA was die tergende vraag of hy nou gaan terugstaan en of hy nóg meer inligting bekend gaan maak, gegewe dat dit dikwels doeltreffender is om besonderhede van korrupsie openbaar te maak as om dit aan die polisie te rapporteer. Intussen is die bakleiery oor Eskom vir miljoene Suid-Afrikaners nie die grootste probleem nie, maar eerder dat beurtkrag beëindig word. In hierdie verband was daar aanduidings van vordering in mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se begrotingsrede. Skuldverligting van R254 miljard aan Eskom sal geskied op voorwaarde dat Eskom nie in nuwe kragopwekkingsprojekte belê nie, maar slegs in transmissie en verspreiding. Dus gaan Eskom minder met…