VEEL MEER AS GADGETS
Elke mens in vandag se wêreld het te doen met “tegnologie”. Die meeste mense dink daaraan as die nuutste slimfoon en -horlosie, TV met Bluetooth en streaming services en die vinnigste fibre-internet by die huis. In die breë landboubedryf behels dié begrip dinge soos presisiewerktuie en -spuite wat saad, kunsmis en besproeiingswater wisselend toedien volgens die behoeftes van die grond en die gewas danksy geografiese inligtingstelsels en satelliete met hoëresolusiekameras, beter planttelingstegnieke, en hommeltuie (drones) wat vir alles van gewasmonitering tot die opsporing van vee- en wilddiewe en plaasaanvallers ingespan kan word. In die veebedryf is daar tegnieke wat dit soveel makliker maak om die grootste moontlike nageslag van waardevolle teeldiere te verkry deur byvoorbeeld die eierselle van jong verse te oes en te laat bevrug nog voor dié diere volwasse is,…