DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
BYBELSE STORM ’n Wolkbreuk op 29 Januarie naby Setlagole in Noordwes het talle boere in dié omgewing behoorlik laat regop sit. “Dit was regtig iets besonders: Die reënboog, ’n teken dat die aarde nie weer met water sal vergaan nie, was reg langs die wolkbreuk,” sê me. Elize Cronjé, van ’n gemengde boerdery op die plaas Wolwehoek. Op hul plaas het 18 mm geval, hoewel plase naby hulle veel meer reën gekry het. “Ons het vandeesweek altesaam 48 mm gekry. Ons is baie bly, want dit was baie droog,” sê sy. FOTO: ELIZE CRONJÉ • LEES MEER OOR DIE REËN IN NOORDWES OP BL. 16. UITVOER LOOP Die produsente-organisasie Hortgro is versigtig optimisties oor vrugteoeste en -uitvoervolumes. Mnr. Jacques du Preez, bestuurder vir markte en handel by Hortgro, het aan Fresh Fruit Portal gesê…