DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
DOLLEEG Die Bergrivier in die Paarl droog sedert Januarie stadigaan op nadat die sluise van die Bergrivierdam gesluit is om in die droogte water te bespaar. Gesamentlike damvlakke in die Wes-Kaap was teen druktyd 21,3%. Mnr. Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê meer as R100 miljoen is reeds as droogtehulp aan boere betaal. “Selfs al reën dit katte en honde, moet ons nou daarna streef om deur die somer van 2018-’19 te kom.” FOTO: JAN BOSMAN UITSKIETERS Gina, ’n Zambiese swartwitpenskoei wat dragtig is by Busanga, ’n Zambiese bul met horings van oor die 50 duim, het R210 000 behaal op die onlangse Vyfster-wildveiling van mnr. Dries Visser by Bela-Bela. Visser se swartmasker-swartwitpense was gewild onder kopers en het beter pryse as ander swartwitpense gehaal. Ander genooide…