DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
NOOIT VERGETE Graan SA se 2018-kongres is afgesluit met ’n kranslegging by die muur van herinnering op Nampo-park ter nagedagtenis aan almal wat in plaasaanvalle gesterf het. Dié geleentheid het vanjaar saamgeval met die begrafnis van mnr. Dirk Steenkamp, bekende boer van Vredefort, wat op Sondag 4 Maart op sy plaas doodgeskiet is. Mnr. Chris Schoonwinkel, ’n bestuurslid van die organisasie, het Psalm 91 as gebed voorgelees en me. Preline Swart, ondervoorsitter, het die krans gelê. REGSREUSE PAK TIGER Mnr. Richard Spoor, veteraanprokureur van Mpumalanga wat silikoselyers teen mynmaatskappye verteenwoordig het, gaan kragte saamsnoer met mnr. Bill Marler, bekende Amerikaanse kosveiligheidsprokureur, in ’n klasaksiegeding teen die genoteerde kosreus Tiger Brands. Hulle gaan die Suid-Afrikaanse families van slagoffers in die dodelikste listeriose-uitbreking nóg ter wêreld verteenwoordig. Food Safety News berig Marler het al vergoeding…