DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
G’N DRAAKSTEKERY Chinese besoekers aan RSA Markagente op die Kaapstadse varsproduktemark kon skaars hul oë glo toe hulle draakvrugte op die markvloer raakloop. Die groep van Shanghai was op besoek aan Suid-Afrika om invoergeleenthede te ondersoek vir sitrus. RSA Markagente het die afgelope tyd sowat twee tot drie palette van die vrugte per week ontvang van boerderye, soos ZZ2 en Kuifkop naby Nelspruit. ’n Kartonhouer draakvrugte (8 kg) verkoop tans vir sowat R260 op die mark. SÊ JOU SÊ Is artikel 25 van die Grondwet ’n hindernis vir onteiening sonder vergoeding? Indien wel, of indien nie, wat moet daaraan gedoen word? Dit is die twee vrae wat die Parlement se grondwetlike hersieningskomitee aan Suid-Afrikaners gaan stel in landwye openbare verhore. Mnr. Vincent Smith, medevoorsitter van die komitee, sê mense sal ’n maand lank…