DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
GEWIGTIGE GROENTE Mnr. Piet Lotz (middel) van Riversdal se pampoen van 532,4 kg was die kampioen op verlede naweek se Reusepampoenfees op Heidelberg in die Wes-Kaap. Links is me. Ronèl Swart, wat die naaswenner, me. Elizna Lotz, verteenwoordig het, en regs mnr. Pinkie Swart wat derde gekom het. Hul pampoene het onderskeidelik 438 kg en 365,8 kg geweeg. Mnr. Hugo le Roux van Pretoria het in 2016 die Suid-Afrikaanse rekord vir die grootste pampoen aangeteken met een van 556 kg. FOTO: SHOPRITE SKA MOET BETAAL Die SKA-radioteleskoopprojek behoort te betaal vir enige nuwe grensdrade wat opgerig moet word as deel van ’n geïntegreerde roofdierbestuurprogram binne die radioteleskoopnetwerk se grondgebied. Die verantwoordelikheid vir die onderhoud van dié heinings behoort gedeel te word tussen die SKA en sy onmiddellike bure, en die SKA behoort jaarliks…