SYFERS
11 400 ha Die herfskommandowurm het tot dusver vanjaar op sowat 11 400 ha grond in Suid-Afrika voorgekom, volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. In Gauteng is 394 ha geraak, in Limpopo 10 172 ha, in KwaZulu-Natal 219 ha, in die Oos-Kaap 14 ha en in Mpumalanga 634 ha. In die Vrystaat en Noord-Kaap is motte gesien. Die plaag kom nie in die Wes-Kaap voor nie. Die organisasie USAid sê die plaag is nou endemies in Afrika. – Nico van Burick 145-194 Die Britse suikerbelasting beloop tussen 145 tot 194 maal die be-drag wat in Suid-Afrika op versoete koeldrank gehef word. In Brittanje beloop die bedrag 18p (R3,05) vir koeldranke met 5-8 g/100 ml suiker en 24p (R4,07) vir koeldranke met meer as 8 g/100 ml suiker. Die Britse tesourie raam…