DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
BOOTBOERDERY Die eerste van sowat 1 700 reisigers verken die MSC Sinfonia voor sy vertrek uit Durban se hawe op Laeveld Agrochem se eerste Landbou Seil-Safari. Die vaart na Mosambiek se Portugese Eiland en Pomene en weer terug, het verskeie praatjies deur kundiges ingesluit, soos mnr. Dawie Roodt van die Efficient-groep oor blokketting of blockchain, mnr. Jacques du Toit van Vox oor die Internet of Things (IoT) en Agri SA oor landelike veiligheid. FOTO: LIEZL VERCUEIL TREURIG Die Harrismith-sakeforum wil die Hooggeregshof in Bloemfontein vra om verskillende vlakke van die Regering te dwing om in te gryp by sy munisipaliteit wat Eskom R3 miljard skuld. Die forum sê buiten dreigemente om die krag af te sny het Eskom nog niks gedoen om ’n oplossing vir die situasie te vind nie. Benewens om, soos…