DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
SÓ BOER JY MET ALPAKKAS Dr. Jane Vaughan, ’n bekende Australiese alpakkakenner, is een van die sprekers op die alpakka-telersgenootskap se tweede gesondheidsforum, wat eersdaags in Franschhoek aangebied word. Vaughan sal onder meer inligtingsessies oor alpakkas se gesondheid, herkouervoeding en voortplanting (ook embrio-inplanting) aanbied, en ook veeartsenykunde-studente toespreek oor dié diere. Me. Alison Notley, voorsitter van die genootskap, sê min inligting oor alpakka-gesondheid is tans in Suid-Afrika beskikbaar. Dié diere se gesondheidsbehandeling verskil van ander kleinvee s’n. Die konferensie vind van 31 Julie tot 2 Augustus plaas. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan alpacas@helderstroom.co.za of skakel 082 662 9670. FOTO: HELDERSTROOM ALPAKKAS SOJAMEESTER Die kunsmismaatskappy Elim bring later vandeesmaand die rekord-graanboer mnr. Randy Dowdy van die Amerikaanse deelstaat Georgia na Suid-Afrika vir ’n reeks boeredae, waar hy meer oor sy boerderygeheime gaan…