DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
HIER KOM DIE WINTER Die eerste ryp van die winter het die afgelope week oor dele van die binneland voorgekom en talle boere hou duim vas dat hul gesaaides nie beskadig is nie. Mnr. Louis-Hendrik Claassen van die LHC-groep het verlede Saterdag sy hond Brakkies in ’n rypbedekte mielieland in die Wolwehoek-omgewing in die Vrystaat afgeneem. Volgens mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, sal die omvang van die skade by somergraangewasse eers met oestyd bepaal kan word. Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou, sê nog ryp kan in die laaste deel van Mei oor die binneland voorkom. FOTO: LH CLAASSEN VAT DIÉ GROND Me. Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, stel voor dat ’n plaas aan die buitewyke van die Philippi-tuinbougebied in Kaapstad as toetssaak dien vir onteiening sonder vergoeding…