DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
SKAAP, KAMERA, AKSIE! Dr. Faffa Malan, bekende veearts, skrywer van die rubriek “Vra vir Faffa” en Landbou.com, het verlede week ’n spesiale Landbouweekliks-program op Nampo verfilm, wat op 5 Junie op Via (kanaal 147) uitgesaai sal word. Mnr. Pieter Wiese van Loxton het hom gehelp om die vyf stappe te demonstreer hoe jy ’n skaap vir parasietbesmetting inspekteer. Sy boek Vra die veearts - Wat beesboere moet weet (2),is ook op Nampo bekend gestel en is tans te koop. SLENKDAL-SKOK ’n Geval van slenkdalkoors is bevestig op ’n plaas in die distrik Jacobsdal in die Vrystaat. Volgens ’n verklaring van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is net een plaas geraak en die plaaslike staatsveearts was teen druktyd besig om dit te ondersoek. Dié siekte affekteer beeste, skape en bokke en veroorsaak…